|
|
|
| |
Accommodation - Kleinbrakrivier
|
AKKOMMODASIE KLEINBRAK
Ons is geleë op die hoek van Olckers en Louis Fourie straat aan die see se kant van Kleinbrakrivier. Dit is loopafstand van die tennisbane by Kleinbrakrivier, plus minus 8km van Hartenbos en so 13km van Mosselbaai af.
Hier is 3 selfsorg woonstelle beskikbaar. Twee woonstelle het see-uitsig. Die swemstrand is net oor die straat en af met die duin.
Tariewe, buite seisoen, wat Mei maand insluit, is R150,00 per persoon of minimum R350,00 per woonstel.
Die woonstelle is ten volle toegerus en ons verskaf beddegoed. Daar is braaigeriewe en gerieflike parkering.
Bring asb u eie handdoeke en strandhanddoeke.
Vaaljapie restaurant is ook binne loopafstand. Die Spar Sentrum is omtrent 1 en 'n halwe km van ons af. In die sentrum is 'n wassery en by die Spar is gekookte etes, slaaie en koue vleis ook beskikbaar.
Kontak besonderhede: E-pos no1holidays@telkomsa.net
Tel/Faks 044 6966696
Selfoon 0834564945
Beste groete. Keith en Marié Allan
|

|

|

|

|

|

|

|

|
|
|
|
|
| |
|
|
|