|
|
|
| |
General Accommodation
|
DIE RUSPLEK GASTEHUIS werk hard daaraan om n beter diens te lewer aan al die tennisspelers wat Bloemfontein kom besoek. Sommige maande is Bloemfontein reeds vooruit vol bespreek vir sportgroepe. Dit gebeur dan, dat teen die tyd wat julle akkommodasie benodig, die meeste van die gastehuise reeds volbespreek is.
DIE RUSPLEK GASTEHUIS wil graag behulpsaam wees met die aanbied van akkommodasie in BLOEMFONTEIN vir u gaste tydens OPLEDING, WERKSWINKELS, SPORTBYEENKOMSTE , SKOUE EN TOERE. DIE RUSPLEK GASTEHUIS kan tot 70 gaste akkommodeer. Spesiale tariewe vir groepe.
DIE RUSPLEK GASTEHUIS Scholtstraat 50, Universitas, is n driester gastehuis. Ons het genoegsame kamers, familie - eenhede en selfsorgeenhede beskikbaar. Al ons kamers het eie badkamers. Sommige ook met borrelbaddens en lugreëling , TV, M-Net en Dstv. Veilige onderdakparkering. Gevestigde tuine, Elektroniese hekke. Naby die Universiteit en Universitas Hospitaal. Maklike roete vanaf die N1.
Ons is ook besig om die gastehuis op te gradeer, sodat ons meer gebruiksvriendelik sal wees vir gestremdes.
Tariewe vanaf R295.00 per kamer een of twee persone. Selfsorgeenhede vanaf R350.00 per kamer een of twee persone. Ons het ook groot familiekamers beskikbaar. Ontbyt teen R55.00pp. Alle ander etes op aanvraag.
Wanneer u n vergadering belê, dink gerus daaraan om dit oor n ontbyt of middagete te doen. Skakel gerus en ons kwoteer u daarvoor.
Ons beskik ook oor twee volledige toegeruste konferensiesale. Word gereeld gebruik vir werkswinkels , konferensies en uitstallings. Tariewe vanaf R450.00 per dag 20 persone. Daarna R20.00pp. (70 gaste) Eetgoed by tee R18.00pp Tee R8.00pp. Middagetes en aandetes op aanvraag vanaf R75.00 - R95.00pp
Ons bedryf ook n Sentrale Besprekingskantoor vanaf dieselfde adres.
BLOEMFONTEIN ACCOMMODATION RESERVATIONS B*A*R
Ons vind vir u akkommodasie in die omgewing waar u graag wil wees, teen sakpas tariewe.
Skakel my gerus indien jy enige verdere inligting benodig.
Rosestad groete
ELIZE DU PLOOY
BEMARKING
051 5224510
084 2302015
Web www.ggi.co.za
Email elize@ggi.co.za
DIREKTE BESPREKINGS
SUZETTE 051 5225008 051 5220008
DIE RUSPLEK GASTEHUIS
ELIZE DU PLOOY
BLOEMFONTEIN ACCOMODATION RESERVATIONS B*A*R
elize@iclix.co.za
084 2302015
051 5224510
|
|
|
|
|
| |
|
|
|