|
|
|
| |
SWD-OPE TENNISKAMPIOENSKAPPE 2009
|
Soos die afgelope jare was die SWD-OPE tenniskampioenskappe weer 'n baie groot sukses. Die toernooi groei elke jaar en nuwe gesigte kom by.
Ons het weer van tweerigting radio verbinding tussen die bane gebruik gemaak.
Die weer het mooi saam gespeel. Almal het George verlaat met 'n baie mooi "tan".
Vrydag die 18de Des was daar 'n bietjie reën, maar spel is net vir twee uur vertraag.
Al die spelers het mooi saam met die organiseerders gewerk en die probleme kon almal met vriendelikheid opgelos word.
209 spelers het elke dag die bane warm gespeel. Kommentaar was daar baie maar gelukkig het dit net die spelers aangespoor om meer in te sit.
Party enkel wedstryde was so kompeterend dat spelers vir 31/2 uur op die baan was.
Die spelers geniet veral die manier waarop ons in George speel. "Backdraw"
As jy in die eerste rondte verloor kan jy nog aan speel vir punte.
Spelers begin ook nou die wyse waarop gespeel word verstaan en kan die kennisgewingbord met die "drawsheets" self lees.
SWD Veterane sê baie dankie aan almal wat in George kom speel het. Ons glo julle het die tennis geniet asook 'n baie lekker funksie wat die Donderdagaand vir die spelers gehou is. Daar is spelers wie nie net die tennisbaan aan die brand speel nie , maar wat ook die dansbaan met geesdrif aanpak. Almal het die heerlike ete baie geniet
Ons sien daarna uit om julle weer in 2010 te ontvang.
Mag al die veterane tennisspelers 'n wonderelike tennisjaar in 2010 ondervind.
Michael Hepker wie siek geword het en Basil Leverment wie in 'n motorongeluk was. Ons hoop julle is nou weer op en wakker.
Vriendelike tennisgroete
Johanna Eloff
ORGANISEERDER
|

|

|

|

|

|

|

|
|
|
|
|
|
| |
|
|
|